Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND
"Aangeklaagde" deur CHARL DURAND [boodskap #14832] So, 17 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
AANGEKLAAGDE
Charl Durand

Maria, vrou,
ek is 'n dief, ek steel moters.

Maria, asseblief,
sien in die weerkaatsing van jou trane
die kraal se spitsdak rondawels
groen valleie en skewe mielielande,
hoor in die huil in jou keel
die eggo van ouma se spookstories
wat sy met die kinders deel
lank na die vuur in die agterplaas as lê.

Maria, ek is 'n dief,
ek sal vir jou steel, ek het jou lief.
Vorige onderwerp: "Kitaarspeler" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Hulle moor met Le^ers" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:49:16 MGT 2024